Skip to product information
1 of 3

Die Boervrou

Viridonker - Aromakers (Granaat & Kruisement)

Viridonker - Aromakers (Granaat & Kruisement)

Regular price R 195.00
Regular price Sale price R 195.00
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.
Quantity

In stock

Wat brand so lekker? Nie jou kos nie. Dis ons kers.

Ja, jy’t reg gehoor. Die Boervrou maak nou ook kerse. Want waarom net konfyt en seep kook as ons ook die lig in jou lewe kan wees?

Met klapper (93%) en parrafienwas (7%), en gegeur om jou te laat vergeet van Eskom. Hierdie kerse kom met net genoeg attitude om jou te laat voel jy’t jou lewe bymekaar (selfs al eet jy weer oorskiet in jou pantoffels).

  • Dis handgegiet, nie ingevoer nie.
  • Dis daai "plaasmeisie" meets Pinterest-magic.
  • Dis vir daai dae wanneer jy lig nodig het, maar nie lus is vir mense nie.

So, maak daai rooiwyn oop, trek jou sloffies aan, en steek ’n kers aan wat ruik soos jy wéns jou lewe moes ruik.

Die Boervrou-kerse - Want as jy nie kan vlug nie, kan jy darem vlam.

View full details