Skip to product information
1 of 8

Die Boervrou

Egte Boerseep

Egte Boerseep

Regular price R 50.00
Regular price Sale price R 50.00
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.
Colour

In stock

Ons maak hierdie seep nogsteeds met beesvet, net soos ons ouma's dit gemaak het. 

100% natuurlik en so kragtig dat dit vlekke laat verdwyn soos mis voor die môreson. 

Boerseep met blousel maak witgoed witter as wit. Ons ouma's het 'n blokkie blousel in 'n kous gesit en dit in die afspoelwater laat week vir kraakvars witgoed.  Ons sit dit sommer by die koekieseep.

Olie, gras, bloed, rooiwyn, beet, ghries, medisyne - noem maar op - Boerseep is vlekke se Moses! Geen kol is te hardnekkig vir Boerseep nie. Beter as enige oxy-what-what!

Ons ouma's het geweet!

*Die Boervrou se boerseep ruik heerlik - ons geur dit met natuurlike sitroengras vlugtige olie.

Grootte: 290g

View full details

Customer Reviews

Based on 1 review
100%
(1)
0%
(0)
0%
(0)
0%
(0)
0%
(0)
C
Carmen
'n MOET vir Mammas

Ek het al by verskeie plekke boerseep gekoop, en dié staan beslis uit. Ons het die vakansie gaan kamp en my twee rooimiertjies het hulself elke dag na 'n reënbui gate uit geniet in die rooi grond, en natuurlik is al my dogtertjie se klere in pastelskakerings. Was so dankbaar dat my skoonsussie 'n koekie(altans "koek") boerseep in my kerskous gegooi het, want wie dink nou daaraan om boerseep te pak as jy gaan kamp. Alles het sommer tjop-tjop skoongekom. Ek het selfs my seuntjie een aand gewas met die boerseep, want hy het al kleur begin verander van al die gejollery in die modder, gewone seep wou nie meer die ding doen nie, het nie eers nodig gehad om vreeslik te skrop nie, en my rooikop kind was weer wit.